Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Woordenaar

Woordenaar

About

DEBUUT

Kabaret

MET Churchil Naudé, Jackie Lätti, Riku Lätti en Jannie van Tonder TEKS EN MUSIEK Churchil Naudé VERVAARDIGER Kroeskop Produksies

Woordenaar is ’n klank- en woordryke reis deur die lewe en grootwordjare van ’n seun wat van wit en swart afkomstig is. Sy begin in die velde en vlaktes van die Oos-Kaap en sy verwarrende en vreemde ervarings op die Kaapse Vlakte. Hy word letterlik gered deur die letter. Die woord in sy mooiste vorm. Hoe meer gedigte hy lees, hoe meer weet hy wie hy is.
Die reis word begelei deur ’n orkes, deur sang en narratief en dra mens op vlerke tot reg aan die einde wanneer die verwarde seuntjie ’n man met ’n stem word. Churchil Naudé het in 2025 die Neville Alexander-eerbewys ontvang.

Afrikaans • Gesin OB • 60 min.

Venue

Absa Studio ( Langenhovenweg )  Location on Google Maps

Woordenaar

28-MAR-2026 16:30

R110 - R135

29-MAR-2026 13:00

R110 - R135