Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Musiekteater
MET Chris du Plessis
Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer vir ’n slag sy musiekvernuf afgepoets met melodieuse weergawes van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as toonsettings van die sexy sestigers wat so gereeld opgedis word”. Die meegaande deuntjies bestaan uit van tradisionele Keltiese volksballades en Zoeloe-straatkitaarmusiek tot bluegrass en rock ’n roll. Tussendeur praat en skerts hy oor die digters en die tydperke en omstandighede waarin hulle gewerk het. Gevra hoe hy die vertoning in een sin sou opsom: “Dis baie snaakser as wat die titel voorgee.”
Afrikaans • Geen o. 16 T • 75 min.