MET Churchil Naudé, Jackie Lätti, Riku Lätti en Jannie van Tonder TEKS EN MUSIEK Churchil Naudé VERVAARDIGER Kroeskop Produksies
Woordenaar is ’n klank- en woordryke reis deur die lewe en grootwordjare van ’n seun wat van wit en swart afkomstig is. Sy begin in die velde en vlaktes van die Oos-Kaap en sy verwarrende en vreemde ervarings op die Kaapse Vlakte. Hy word letterlik gered deur die letter. Die woord in sy mooiste vorm. Hoe meer gedigte hy lees, hoe meer weet hy wie hy is.