Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Na 17 jaar wat hy professioneel saksofoon speel en die wêreld deurtoer het — van Afrika tot Amerika, Europa, Nieu-Seeland en Australië — is dit vir Hiram Koopman ’n groot voorreg om weer ’n solo-show aan te bied, na sy laaste solo-optrede in 2011. Met Sax in Afrikaans vier hy die klassieke Afrikaanse musiek waarop hy grootgeword het, wat op ’n unieke manier op saksofoon vertolk word.
Hiram se storie het begin as ’n sewejarige seun met groot drome, in ’n huis waar Afrikaanse musiek elke dag in die kombuis gespeel het terwyl sy ma gebak en kos gemaak het, en sy pa se jazzklanke die agtergrond gevorm het. Dáár het sy liefde vir musiek en sy unieke klank begin vorm kry. Sedertdien het hy die verhoog gedeel met kunstenaars soos Elvis Blue, David Kramer, Laurika Rauch en vele ander gevestigde én nuwe Afrikaanse kunstenaars. Met Sax in Afrikaans bring Hiram hulde aan Afrikaanse musiekklassiekers soos “Hillbrow” (Johannes Kerkorrel), “Voshaarnooi”, “Blouberg se Strand” en meer, wat op ’n unieke manier op saksofoon vertolk word, saam met ’n volle orkes. Die aand is nie net musiek nie — Hiram deel ook stories van sy musikale ervarings. Sy musikale regisseur, Grandall Vlotman, ondersteun die vertolkings op klavier, wat die klassiekers ekstra ryk en lewendig maak.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!
Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Rafelvark, kaasrolletjie en koolwortelslaai
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg
Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za