Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Sy sê dit soos min ander kan: “Hallouw!” – en binne sekondes lag mense saam.
Die vinnig groeiende komediant Emily de Graaf, beter bekend as Emily in SA, het onlangs bekendheid op TikTok verwerf waar sy vlam gevat het met haar kenmerkende groet en eerlike, skreeusnaakse waarnemings oor die alledaagse lewe. Haar unieke styl en relatiewe humor het haar binne ’n kort tyd ’n lojale aanhang besorg.
Na haar eerste teateroptrede einde Mei in Pretoria, vertrek Emily op ’n Wes-Kaap toer waar sy gehore gaan vermaak in onder andere Durbanville, Stellenbosch en Paternoster. Een van die hoogtepunte op die toer is haar vertoning by Drostdy Teater op 'n Vrydagaand nogals - 10 Julie 2026 om 19:00. Haar splinternuwe eenvrou-komedie show, HALLOUW 30!, is ’n eerlike en humoristiese kyk na die realiteit van dertig word – van tox en oogroompies tot dating-drama en die oomblik wanneer mense jou skielik “Tannie” noem. Met selfspot en skerp waarneming deel sy haar ervaring van grootword, identiteit en die humor wat lê in die klein, herkenbare oomblikke van die lewe. “Hallouw! Ek kan nie wag om mense live te sien lag nie – daar is net iets besonders daaraan om saam in ’n vertrek te wees en die lewe se snaaksighede te vier. Have a lekker day, bye!” sê Emily. Die vertoning is geskik vir 16+ en beloof ’n heerlike uur van eerlike, volwasse en onbevange humor.