Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

WINTERFEST 2026: Richard van der Westhuizen - Die Beenbreek Hotel en Ander Verhale

WINTERFEST 2026: Richard van der Westhuizen - Die Beenbreek Hotel en Ander Verhale

WINTERFEST 2026: Richard van der Westhuizen - Die Beenbreek Hotel en Ander Verhale

24 Jun 2026 17:00

About

Richard van der Westhuizen is die afgelope 45 jaar of so doenig as akteur, sanger en liedjieskywer. Woensdagaand 24 Junie tree hy op in die Drostdyteater in Stellenbosch.

DIE BEENBREEK HOTEL EN ANDER VERHALE het ontstaan nadat hy gaan rondkrap het tusse al sy ou en splinternuwe liedjies en van sy persoonlike gunstelinge gekies het. Natuurlik Tussen Treine en Ballade vir ‘n Enkeling, maar ook die verhale van die arme eensaam siele soos opgeteken in die Beenbreek Hotel, die Cowboy Bar in Nababeep, Die Kokerboom Hotel, Die Elegance Go-Go Salon en natuurlik die Huisgenoot. Hy vier ook, so op sy manier, die ontstaan van Afrikaans.

So van sesuur die aand af kan julle ‘n glas goeie wyn en ‘n lekker bord kos by die Drostdyteater geniet en dan oorskuif teater toe waar hy en sy jarelange klavierspeler en vriend Andrew Roos vir julle musiek gaan maak.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!
Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!

Ete: 17:00 (Ingesluit)
Hoenderpastei, witrys en kerriewortelslaai
Vertoning: 19:00

Kontantkroeg

Stuur asseblief enige dieetvereistes per e-pos na info@drostdyteater.co.za

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

WINTERFEST 2026: Richard van der Westhuizen - Die Beenbreek Hotel en Ander Verhale

24-JUN-2026 17:00

R380

 More Info

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…