Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Internet Sensasie 2.0

Internet Sensasie 2.0

Internet Sensasie 2.0

from 28 Mar 2026 14:30

About

Komiese storievertelstyl

MET Mel die Storieverteller TEKS EN VERVAARDIGER Melanie Welgemoed MUSIEK Peach van Pletzen CHOREOGRAFIE Replay Dance Centre

Soos die 2025-debuut, maar heeltemal anders! Mel die Storieverteller het in 2025 by die KKNK met haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie, gedebuteer. Sedertdien is hierdie vertoning meer as 80 keer opgevoer, en soos ’n lomp aartappel wat deur ’n helse tyd gaan om in legendariese vodka te verander, het hierdie show vele gedaanteverwisselings ondergaan.
Die begin bestaan nie meer nie en is vervang, die middel het ’n ekstra karakter se storie by en die einde is meesterlik verfyn in ’n chaotiese, komiese extravaganza. Internet Sensasie 2.0 is spesiaal vir die KKNK. Vir almal wat die debuut gesien of misgeloop het, en mal is oor Mel die Storieverteller se skreeusnaakse stories – kom sit aan vir ’n hoë-energie-bediening van komedie uit die boonste rakke.

Afrikaans • Geen o. 13 T • 80 min.

Venue

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal.  Location on Google Maps

Internet Sensasie 2.0

28-MAR-2026 14:30

R145 - R175

29-MAR-2026 16:30

R145 - R175

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…