MET Mel die Storieverteller TEKS EN VERVAARDIGER Melanie Welgemoed MUSIEK Peach van Pletzen CHOREOGRAFIE Replay Dance Centre
Soos die 2025-debuut, maar heeltemal anders! Mel die Storieverteller het in 2025 by die KKNK met haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie, gedebuteer. Sedertdien is hierdie vertoning meer as 80 keer opgevoer, en soos ’n lomp aartappel wat deur ’n helse tyd gaan om in legendariese vodka te verander, het hierdie show vele gedaanteverwisselings ondergaan.