Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Spoel

About

DEBUUT

Drama

MET Ira Blanckenberg, Theo Witbooi, Chantell Phillipus, Janion Kennedy en Melikhaya Blou TEKS Tiffany Witbooi REGIE Neil Coppen

Die bekroonde Karoo Kaarte-span agter Die Swartmerrie keer terug met ’n splinternuwe drama uit dié projek se navorsing. In Spoel word Oudtshoorn onthou deur die mense wat geleer het om mooi te kyk. Die stuk volg vier Oudtshoorn-inwoners – fotograwe en kinders uit fotograaffamilies – wie se lewens oor geslagte heen voor en agter die lens ontvou het. Van ’n familie-ateljee waar mense hul enigste foto laat neem het tot roostuine, troues, begrafnisse en straatprotes het kameras stilweg die dorp se mees intieme én onstuimige oomblikke vasgevang.
Een vrou hou haar familie se fotografiese nalatenskap lewendig, omring deur gesigte wat nie wil verdwyn nie. ’n Ander spoor haar geskiedenis na in foto’s van geboortes, troues en gemeenskapsrituele. ’n Jong politieke fotograaf dokumenteer verset en die daaglikse realiteit van die struggle as joernalis vir Saamstaan. ’n Ouer waarnemer – fotograaf en skrywer uit een van Oudtshoorn se oudste bruin families – het oor dekades die dorp se sosiale, ekonomiese en politieke skuiwe deur sy lens gevolg, en vasgelê wat die geskiedenis dikwels wou uitvee. Gebore uit fotografiese argiewe en gemeenskapsversamelings ontvou Spoel deur fisieke spel, beweging en improvisasie. Beelde word herinneringe. Herinneringe word beweging. Die werk vra wie gesien word, wie onthou word, en wie die raam bepaal. Spoel is ’n liefdesbrief én ’n konfrontasie – ’n lewende argief waar landelike geskiedenisse asemhaal, terugpraat en aanhou beweeg.

’n KKNK-produksie, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en Oudtshoorn-munisipaliteit.

Veeltalig • Geen o. 13 OB • 90 min.

Venue

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat) - Funded  Location on Google Maps

September 2026

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…