MET Andrew Buckland TEKS Andrew Buckland REGIE Janet Buckland VERVAARDIGER Mouthpeace
In 1988 het Andrew Buckland, onder regie van sy vrou, Janet, ’n eenmanvertoning aangebied wat die landskap van Suid-Afrikaanse teater vir altyd verander het. The Ugly Noo Noo, geskryf en vertolk deur Andrew, vertel die verhaal van ’n man se ontmoeting met ’n insek. Nie sommer enige insek nie, maar die berugte Parktown prawn, wat veral gedurende die 80’s en 90’s in die voorstede van Johannesburg voorgekom het.