Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

The Ugly Noo Noo

The Ugly Noo Noo

The Ugly Noo Noo

from 28 Mar 2026 18:00

About

Drama

MET Andrew Buckland TEKS Andrew Buckland REGIE Janet Buckland VERVAARDIGER Mouthpeace

In 1988 het Andrew Buckland, onder regie van sy vrou, Janet, ’n eenmanvertoning aangebied wat die landskap van Suid-Afrikaanse teater vir altyd verander het. The Ugly Noo Noo, geskryf en vertolk deur Andrew, vertel die verhaal van ’n man se ontmoeting met ’n insek. Nie sommer enige insek nie, maar die berugte Parktown prawn, wat veral gedurende die 80’s en 90’s in die voorstede van Johannesburg voorgekom het.
Met skerp satiriese kommentaar, kragtige spel en ’n unieke teenwoordigheid op die verhoog, neem die stuk die gehoor op ’n onvergeetlike reis deur die komposhope en donker onderwêreld van voorstedelike lewe in die groot stad, en ondersoek – in skreeusnaakse besonderhede – die verhouding tussen vrees en mag in ons alledaagse bestaan. Die stuk het altesaam 17 nasionale en internasionale pryse ontvang, waaronder ’n Scotsman Fringe First en ’n Perrier Pick of the Fringe-benoeming by die Edinburgh Festival Fringe.

Engels • Geen o. 13 T • 60 min.

Venue

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)  Location on Google Maps

The Ugly Noo Noo

28-MAR-2026 18:00

R145 - R175

30-MAR-2026 18:30

R145 - R175

01-APR-2026 17:00

R145 - R175

04-APR-2026 18:30

R145 - R175