MET Wilhelm van der Walt BOEK Dana Snyman VERWERKING Johann Smith REGIE, STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Nico Scheepers OORSPRONKLIKE MUSIEK Kate Borthwick VERVAARDIGER Leftfoot Theatre Productions
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, onthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?