Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Drama
MET Wilhelm van der Walt BOEK Dana Snyman VERWERKING Johann Smith REGIE, STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Nico Scheepers OORSPRONKLIKE MUSIEK Kate Borthwick VERVAARDIGER Leftfoot Theatre Productions
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, onthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?
Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom. Wenner van vyf pryse by Momentum Aardklop 2025, waaronder beste toneelaanbieding, beste regie en gehoorgunsteling. Wenner van die Woordtrofee vir beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025.
Moontlik gemaak deur NATi en Innibos.
Afrikaans • Geen o. 13 S • 75 min.