MET Bryan Hiles TEKS, REGIE, STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Michael Taylor-Broderick VERTALING Barry Strydom MUSIEK Nick Pitman CHOREOGRAFIE David Gouldie VERHOOGBESTUURDER Cara Roberts VERVAARDIGER Theatresmiths
Jakob is ’n meesleurende verhaal oor ’n vreemde klein seuntjie – en oor liefde, lig en alles wat daar tussenin weerkaats. Dit is die verhaal van ’n kind wat anders gebore is en verstoot word deur die gemeenskap waarin hy leef. Die stuk verken hoe Jakob leer om met sy uitsluiting om te gaan. Deur die gebruik van liriese prosa en tegniese teatervernuf betree die werk die wêreld van die magiese realisme.