MET Vernette Wessels, Helenè Bester, Marius Wessels, Charlie Botha en Gavin Young TEKS, MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER Vernette Wessels
Twee oseane is ’n samewerking tussen twee unieke musikale entiteite, die groep Coffee Snobs en Helenè Bester, met die see as kerntema. Die see met sy magiese teenwoordigheid en prag het al talle besonderse musikale werke geïnspireer en met hierdie produksie vertolk Helenè Bester en Coffee Snobs hul gunsteling- kontemporêre liedjies oor die see.