MET André Schwartz en Bryan Schimmel (klavier) TEKS André Schwartz REGIE Lihan Pretorius VERVAARDIGER André Schwartz
In hierdie komiese kabaret blaf Buks koning in die stofstrate van Paul Roux. ’n Klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder, hoor die geheime. Hy word bederf met brokkies nuus en brokkies lekkernye. Buks is die toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense.