Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

WINTERFEST 2026: Mel die Storieverteller – Internet Sensasie

WINTERFEST 2026: Mel die Storieverteller – Internet Sensasie

WINTERFEST 2026: Mel die Storieverteller – Internet Sensasie

20 Jun 2026 17:00

About

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo

Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!

Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!

Ete: 17:00 (Ingesluit)
Vertoning: 19:00

Kontantkroeg beskikbaar.

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

WINTERFEST 2026: Mel die Storieverteller – Internet Sensasie

20-JUN-2026 17:00

R380

 More Info

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…