Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Ná meer as 7 jaar se suksesvolle GESELS-aanbiedinge bring Nataniël hierdie vinnig-groeiende projek uiteindelik na die suide. En vir die tweede keer na die Drostdyteater!!
Leefstylpraatjie, Saterdag 30 Mei!
GESELS 2026 is hier met sy eie tema: “BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.” Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit! Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde,vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
90 minute
Geen kinders onder 14
Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies!