Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
MET | WITH Albert Pretorius & Schalk Joubert TEKS | SCRIPT Danie Marais REGIE | DIRECTOR Nico Scheepers MUSIEK | MUSIC Schalk Joubert KONSEP | CONCEPT Niel van Deventer VERVAARDIGER | PRODUCER Toyota Stellenbosch Woordfees
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie
A Toyota Stellenbosch Woordfees production
Albert Pretorius trek onder die opruiende begeleiding van Schalk Joubert die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe, skerf vir skerf, uit ’n mislukte huwelik in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte, prekêre gemors van middelklas-Suid-Afrika. Dis ’n storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak, gewikkel in die vlamjas van verse en verbysterende musiek, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels. Dis rock-teater oor ’n verlede wat die hede wurg en ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: ‘Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.’
Albert Pretorius shreds the fabric of a terrifyingly ordinary life that draws from a failed marriage in the outer reaches of Germany and the privileged mess of middle-class South Africa. This is a story about parenthood and the search for belonging and making sense, wrapped in the flame coat of poetry and bewildering music, woven around a selection from Danie Marais’s four poetry collections. It is rock theatre about a past that strangles the present and a white guy who, with his daughter and a progressive world, wants only one thing for Christmas: ‘To no longer always have to know how a middle-aged white man feels about everything.’
Duration: 75min
Age Restriction: No under 10
Language: Afr