Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
SOOIBRAND
(en ander tekens)
Die nuwe vertoning deur Nataniël!
SOOIBRAND is ’n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning. Met deernis, humor en vraagtekens bekyk hy hedendaagse arrogansie, ongesonde erfenis en daaglikse woede.
Nataniël bring ’n wye verskeidenheid van musiek, verniel tydlose melodieë, vertel splinternuwe verhale en werp lig op van die grootste historiese raaisels. Hy deel die verhoog met pianis Charl du Plessis. Kostuums deur Floris Louw.
85 minute Geen pouse
Geen kinders onder 14