Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
FEESDEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Nataniël en Charl du Plessis KOSTUUMONTWERP Floris Louw
Nataniël se nuwe vertoning, SOOIBRAND (en ander tekens), is ’n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning. Hy bekyk met deernis, humor en vraagtekens hedendaagse arrogansie, ongesonde erfenis en daaglikse woede. Nataniël bring ’n wye verskeidenheid van musiek, verniel tydlose melodieë, vertel splinternuwe verhale en werp lig op van die grootste historiese raaisels.
Afrikaans • Geen o. 13 OB • 85 min.