Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Drama Sien Breyten Breytenbach se "Boklied" én "Verwelkingslied" by die KKNK in 2026 en bespaar 30% met die Breyten Breytenbach-pakket: Klik hier.
MET De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan en Ben Albertyn TEKS Breyten Breytenbach REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson MUSIEK David Wolfswinkel BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis PRODUKSIEBESTUURDER Frankie van Straten
’n Aantal ietwat verloopte toneelspelers kom bymekaar in ’n tyd van krisis in ’n geslote ruimte – ’n gestig, ongebruikte saal of dalk net ’n gevangenis. Weg van die sogenaamde “normaliteit” daar buite, besin hulle oor die liefde, lewe en dood. Saam, onder ’n wolk van politieke realiteit in ’n tyd van onafwendbare verandering, speel die hand vol digters ’n oorlewingsritueel uit in die tradisie van die eerste Griekse dramas, of “bokliedere”. Soos in Aristophanes se komedie Die voëls, onderhandel die lotjie ’n moontlike toekoms onder ’n nuwe orde, maar rituele verg bloed, ’n skerp mes en ’n sondebok ... Boklied is die digter Breyten Breytenbach se opspraakwekkende eerste drama. Dig. Omvattend. Skreiend. Snaaks. Oorweldigend. Benoem vir vyf Woordtrofees by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025, waaronder beste produksie en beste regie. Die terugkeer van een van die opspraakwekkendste toneelstukke wat die KKNK ooit aangebied het.
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi en die KKNK.
Afrikaans • Geen o. 16 T, S, N, D • 220 min. (2 pouses ingesluit)