MET Kristi Steyn, Christiaan van Zyl en Krayno Lategan TEKS EN MUSIEKREGIE Kristi Steyn
Kristi Steyn is op reis deur Afrikaans om te bewys dat Afrikaans meer as ’n taal is. Word weggevoer met sang, klavier en tjello tussen nuwe en ou gedigte deur bekendes en onbekendes. Die liedjies en gedigte word verweef met stories en komiese staaltjies oor musiek, skep en die lewe van ’n indringer. Dit handel oor hoe dit voel om te lag, huil en verlang in Afrikaans.