Christia Visser het die musiekbedryf betree met ’n "17 Shots"-golf en die Christia-storm het nog nie bedaar nie.
Ná sy groot momentum in haar musiekloopbaan opgebou het, draai Christia nou na binne en bied aan gehore iets selfs nóg meer intiem.
Vir Weer is ’n sewe-delige digbundel, volledig deur Christia self geskryf, waar rou storievertelling, emosie en haar liefde vir toneelspel als bymekaar kom. In haar nuutste vertoning bring sy haar gedigte, stories en musiek saam en sorg vir n rou, eerlike en opregte ervaring.