Coenie de Villiers is ‘n musieklegende en ‘n taalikoon in Suid-Afrika. Sy werk oor die afgelope halfeeu sluit albums, verhoogproduksies, opera en musiekblyspele in. Noudat hy sélf by die sewentig-kerf verbysteek, bied hy in hierdie debuutproduksie ‘n intieme en baie persoonlike terugblik op sy werk oor die afgelope dekades.