MET Lizz Meiring TEKS Lizz Meiring VERVAARDIGERS Artist Warehouse en Lizz Meiring Produksies
Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die ware “real housewife”? Lizz Meiring skep so ’n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou.