MET Andrew Buckland TEKS Andrew Buckland REGIE Janet Buckland VERVAARDIGER Mouthpeace
Hierdie teaterstuk is geskep as ’n fisieke en performatiewe komiese besinning oor die raakpunte tussen kontemporêre tegnologie en Die Nar, Jan Alleman en Die Onskuldige. Met die noukeurige gebruik van fisieke spel en Buckland se aanleg vir satiriese verbale tekste en vokale spel, verken die produksie hoe sosiale media – ervaar deur die selfoon en, meer onlangs, vroeë weergawes van KI – die lewens van moderne mense beïnvloed.