MET Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal TEKS EN MUSIEK Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal REGIE Neil Sandilands en Schalk Joubert VERVAARDIGER Neil Sandilands
’n Klomp talentvolle manne het in 2025 hul eie 50 jaar om die son gevier – presies die helfte so oud soos ons geliefde Moedertaal. Maak jou reg vir vier kunstenaars met vier stories wat saamkom op een verhoog vir rou, eerlike musiek en om sin te maak van die laaste 100 jaar van taal en die laaste 50 jaar van lewe.