MET Chris Vorster TEKS Chris Vorster en Liza Vorster REGIE Chris Vorster en Marion Holm VERHOOGBESTUURDER Thys Heydenrych
Ná al die vreesaanjaende berigte oor Wilgenhof het ek angs en trauma uit my jare in Die Plek probeer onthou, maar ál wat my geheue kon baasraak, was flitse van fantastiese partytjies. En dan verál die naweek saam met Steffi ... natuurlik nie die regte Steffi Graf nie, daarvoor was my tennis te swak. Ek was aspris onbewus van die wêreld buite die Bos, want vir my het alles ín die Bos gedraai om braaivleis, rugby, sonskyn en Wilgenhof.