MET Melissa de Vries en Angelo Bergh TEKS Jolyn Phillips, gebaseer op Ronelda Kamfer se gelyknamige roman REGIE Lee-Ann van Rooi VERVAARDIGER Suidoosterfees
In dié verhoogverwerking van Ronelda Kamfer se roman word die aangrypende verhaal van die McKinney-familie van Groenplaas deur twee kleinkinders, Nadia en Xavie, vertel. Temas soos onskuld, deursettingsvermoë en familievetes word verken binne die ongenaakbare Suid-Afrikaanse konteks. Die stuk word in ’n “sirkel” aangebied met ’n plaashek wat die gehoor toegang gee tot die innerlike én eksterne faktore wat die karakters se lewe beïnvloed, asook hul keuse om uit hul chaotiese bestaan te ontsnap.