MET Daniel Anderson en Paul Ferreira TEKS EN REGIE Amanda Bothma MUSIEKREGIE Paul Ferreira
’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Marais, ’n onwaarskynlike Afrikanerheld, pas nie netjies in die boksie van die tradisionele ikoon nie – en juis dáár lê sy betekenis. Die stuk volg sy metamorfose van ’n sjarmante jong joernalis en charismatiese student in Londen tot die gebroke, verslete man in sy latere jare.