MET Hannes van Wyk en Coenraad Rall (klavier) TEKS Hannes van Wyk en Desiré Gardner
Maak gereed vir ’n reis terug in tyd in hierdie vertoning deurdrenk met nostalgie, warmte en die sagte fluisteringe van liefde in al sy gedaantes. Laat die klanke van Coenraad Rall se klavier jou dra na vervloë oomblikke, terwyl Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, jou op reis neem met ’n keur van briewe wat soos geheime in ’n ou laai gebêre was. Hierdie hartsbriewe, soms snaaks, soms hartseer, altyd opreg, vertel van verlore liefdes, tydlose familieherinneringe en daardie eenvoudige, kosbare vreugdes van die lewe.