Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Vettie Vettie is ‘n komedie wat die draak steek met die skoner geslag se stryd om alewig die oortollige kilo’s af te skud, en af te hou, sodat hulle die ideale pasmaat kan ontmoet.
Vicky is ‘n suksesvolle sakevrou en besit die boekwinkel in ‘n gesiene woonbuurt in die stad. Sy is enkellopend, duidelik oorgewig en deel ‘n woonstel met twee uiteenlopende mans: James, ‘n uitstekende kok wat ook ‘n skrywer is, en Henry, ‘n kleurvolle siel, wat arme Vicky nooit uitlos nie en haar gereeld herhinner oor haar gewig.
Sy ontmoet een dag vir Tom wat ‘n boek kom koop en raak dadelik geinteresseerd in hom, veral oor die eksotiese tipe werk wat hy doen.
Henry kry snuf in die neus en besluit dat hy en James vir Vicky gaan help om gewig te verloor voor Tom weer kom kuier.
Die stuk beeld die mannewales uit van hoe vriende mekaar bystaan en hoe die poppe dans wanneer die liefde ter sprake kom.
Om gewig te verloor was nog NOOIT so moeilik nie!!