Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Dis tyd om die horlosie terug te draai en weer saam te kuier!
Sluit by ons aan vir die 20-jaar reünie van die Hoërskool Garsfontein Matrieks van 2006. Kom herleef die herinneringe, deel stories van die afgelope twee dekades en ontmoet weer ou vriende en klasmaats.
Of jy nou nog gereeld kontak het met jou skoolmaats of hulle laas by die matriekafskeid gesien het, hierdie is die perfekte geleentheid om weer bande te versterk, te lag oor die goeie ou dae en mekaar te vier.
Jou kaartjie sluit in:
- Corkage - bring gerus jou eie cooler.
- Welcome drinks
- 'n Driegang maaltyd met 'n spitbraai
- DJ en ander entertainment
- 'n Bekende MC
- 'n Kinder-afdeling met hope vermaak!