Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Grenslig is ’n deelnemende teaterervaring wat die gehoor letterlik en emosioneel saamneem op ’n reis oor ’n grens – fisiek, sosiaal en moreel. Die gehoor klim agter in ’n trok waar hulle saam met ’n groep vreemdelinge wag, sweet en hoop terwyl die trok stadig oor ’n grens beweeg. Vlug en oorlewing: “Wat laat ’n mens alles agterlaat vir die moontlikheid van ’n beter lewe?” Die gehoor word mede-reisigers, hoor die stories,voel die beweging, ruik die stof en diesel, en ervaar die broosheid van hoop teenoor vrees.