Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Eugene, gebaseer op Kirby van der Merwe se bekroonde roman, is ’n rou, poëtiese portret van ’n man tussen wêrelde: streetwise maar skynbaar middelklas, ’n flaneur, soeker en verlore seun wat werklik sien. Die produksie ondersoek gemarginaliseerde manlikheid, geestesgesondheid en trauma, en raak aan liefde, haat, vertroue, verraad en vergifnis. Met Brechtiaanse vervreemding word sy reis ’n soektog na integriteit en menslikheid te midde van onreg en wanhoop – ’n aangrypende, stylvolle werk.
Nie 'n debuut nie / Not a debut
Genre: Drama
Rolverdeling / Cast: Carlo Daniels, Lynette du Plessis, Kirby van der Merwe
Dramaturg / Playwright: Saartjie Botha na die roman van | based on the novel by Kirby van der Merwe
Regisseur / Director: Nico Scheepers
Tydsduur / Running time: 75 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: Alle ouderdomme / All ages
Taal / Language: Afrikaans