Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Brakanjan is terug! Die verhaal van die dapper hond wat ‘n musketier wil word, is ‘n klassieke storie van avontuur, swaardgevegte en vriendskap. Kom volg Brakanjan se reis na Parys waar hy die koningin teen die bose Kardinaal Richelieu moet red, terwyl hy homself aan die drie musketiers moet bewys. Saam trotseer hulle gevare en intriges en leer Brakanjan wat dit beteken om werklik ‘n held te wees.
Debuutproduksie / Debut production
Genre: Teater vir jong gehore / Theatre for young audiences
Rolverdeling / Cast: Dihan Keun
Regisseur / Director: Rowlen von Gericke
Vervaardiger / Producer: Daniëlle Retief
Tydsduur / Running time: 60 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: Alle ouderdomme / All ages
Taal / Language: Afrikaans