Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Sluk is ’n aangrypende grootworddrama wat afspeel in die klein dorpie Stofspruit. Deur die verweefde lewens van Zania, Meyer en Wanru, verken die verhaal vriendskap, eerste liefde, jaloesie en die verlange om uit die grense van ’n klein dorpie te ontsnap. Die slikdam word hul toevlugsoord en simbool van hoop, totdat tragedie toeslaan wanneer dit inmekaarstort en die dorpie verswelg. Namate die ramp ontvou, kom liefde, spyt en onuitgesproke waarhede na vore wat wys hoe kortstondige oomblikke ’n leeftyd kan definieer.
Debuutproduksie / Debut production
Genre: Drama
Rolverdeling / Cast: Jenna Volschenk, Tiaan Smith, Lian Strydom
Skrywer / Playwright: Melandi Swiegelaar
Regisseur / Director: Melandi Swiegelaar
Verhoogbestuurder / Stage manager: Luan Maartens
Beligting / Lighting: Ryan Huxham
Klank / Sound: Jené van Heerden
Tydsduur / Running time: 70 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: Alle ouderdomme / All ages
Taal / Language: Afrikaans