Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Om te Val is ’n meesleurende fisieke teaterstuk wat Miriam volg soos sy ná ’n byna-verdrinking op Kersdag, 1996, met skynkoma-sindroom grootword. Sy is vir ewig vasgevang in haar eie gedagtes. Vir die buitewêreld lyk sy vegetatief, maar haar innerlike wêreld is vol lewe. Binne hierdie intieme landskap ondersoek die stuk broosheid, veerkragtigheid en die behoefte om raakgesien te word. Martin van Heerden se choreografie en ’n betowerende klanklandskap trek die gehoor sagkens in Miriam se wêreld in.
Debuutproduksie / Debut production
Genre: Fisieke teater / Physical theatre
Kunstenaars / Performers: Tanja Franzsen
Regisseur / Director: Martin van Heerden
Musiek / Music: Martin van Heerden
Choreograaf / Choreographer: Martin van Heerden
Tydsduur / Running time: 60 min
Ouderdomsbeperking / Age restriction: 13+
Beperkings en waarskuwings / Restrictions and warnings: Volwasse inhoud, Selfdood, Seksuele aanranding / Adult content, Suicide, Sexual assault
Taal / Language: Afrikaans