Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Sirkuslewe: Die ligte, die opwinding, mense wat skiet uit kanonne, kronkelaars, luislangtoertjies, gevaarlike motorfietse, hansworse en die alewige getoer. Maar hoe gemaak as die sirkus in ’n ware sirkus ontaard: narre wat per ongeluk ’n bietjie te diep in die bottel kyk, die kronkelaar spasmas ontwikkel, die DBV al die sirkusdiere konfiskeer, die waaghals in die kanon vassteek en die Nasionale Sirkus-organisasie dreig om die tent se seile te sluit? Wie sal die kastaiings uit die vuur kom krap?