Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag.
Nie 'n debuut nie / Not a debut
Genre: Drama
Rolverdeling / Cast: Tinarie van Wyk Loots,?René Cloete, Kristen Raath, Jefferson J. Dirks-Korkee
Skrywer / Playwright: Dianne du Toit Albertze
Regisseur / Director: Wolf Britz
Tydsduur / Running time: 90 min
Ouderdomsbeperking / Age restriction: 16+
Beperkings en waarskuwings / Restrictions and warnings: Taal / Language
Taal / Language: Afrikaans