Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Tollie Parton was nog altyd die te eerlike vriendin wat dikwels mense kwaad maak en sy vertel al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks skrik nie? Jok sy nes daai vuil muis? Wel, tottie en nie verder nie! In Tollie se nuutste aflewering kan sy ongelukkig nie help om die waarheid te laat glip nie. Selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen natuur. Die liefde het haar kom sag maak. Die probleem is egter, hoe lank gaan dit hou? En wie is die man wat haar hart so kom steel het? Baie mense dink dis Steve. Watter Steve? En kan dit wees? Is dit te goed om waar te wees?