Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Verskeidenheid
MET verskeie kunstenaars VERVAARDIGERS Sophie Joans, Esti Strydom en Kelly Smith
Raunchy Renditions is Suid-Afrika se eerste sekspositiewe storievertelplatform waarvan die gewildheid al hoe meer toeneem. Dit is geïnspireer deur podsendings soos The Moth en Bawdy Storytelling, met vyf dapper storievertellers wat hul innemend ongemaklike, skreeusnaakse en gewaagde seksuele (wan)avonture deel. Dit is in 2019 deur Sophie Joans, Esti Strydom en Kelly Smith begin, en sedertdien het Raunchy Renditions landwyd uitverkoopte vertonings gehad.
Jy sal stories hoor wat jou oë laat rek en jou mond laat oophang, verhale wat jou sal laat skater, en – bowenal – mense bemagtig om weg te breek van die skaamte rondom die onderwerp van (sjjj) seks … Verlustig jou in die waagmoedige en sluit by ons sekspositiewe storievertelgemeenskap aan.
Ondersteun deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport.
Engels • Geen o. 18 T, S • 60 min.