Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Komedie
MET Zachary Hunt, Nathan Parkinson en Tom Roe
’n Wêreldklas-trefferkomedie – vir die heel eerste keer by die KKNK! Maak gereed vir ’n verregaande, oordadige ervaring wanneer die internasionaal hoog aangeskrewe, veelbekroonde Police Cops die verhoog in volle vaart tref. Die vooraanstaande Britse komiese trio herbesoek die treffer waar dit alles begin het – dit is tyd vir herlaai, maar groter en snaakser as ooit. Dis 1976, die pligsgetroue nuweling Jimmy Johnson is vasbeslote om sy broer se dood te wreek… en hy moet dit alleen doen (saam met ’n kollega). Hy begin saam met Harrison, ’n gediskrediteerde speurder, die geheime van ’n saak wilder as hul snorre oopkrap.
Die wêreldwye treffer was uitverkoop in Londen se Soho-teater en by die Edinburgh Festival Fringe, en het pryse gewen van Melbourne tot Toronto en van Brighton tot Kaapstad, en resensente is in vervoering daaroor. ’n Feesgunsteling waar dit ook al aangebied word: Jy is gewaarborg om laggend by Police Cops uit te stap, en dadelik vir iemand te vertel dat hulle dit nie mag misloop nie! Kaartjies gaan vlieg, so spring in die patrolliemotor voordat dit wegtrek.
Engels • Geen o. 10 OB • 60 min.