Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Geagte kampeerders

Geagte kampeerders

Geagte kampeerders

from 01 Apr 2026 09:30

About

Komedie

MET Wynand van Vollenstee en Thiart Li TEKS EN REGIE Wynand van Vollenstee VERHOOGBESTUURDER Martin Breedt VERVAARDIGER That’s Freakin Nice Produksies

“Geagte kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaters-pad – die bogemiddelde, sagte grondpad. Met ekstra groot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. ’n Hengelaarsparadys, behulpsame personeel, ekstra-breedte-supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met ’n uitputtende dagprogram vir oud en jonk ...” Dit was wat geadverteer was, maar as iets te goed klink om waar te wees ... Wynand van Vollenstee is Oom Frik, opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters Kampeerterrein.
Thiart Li vertolk die rol van Oom Frik se lojale regterhand, Henry. Elke Desember staan hulle slaggereed om die groot gros Transvalers te ontvang. Maar wanneer groot tragedie die kampeerterrein tref en mense forseer word om Moeder Natuur, “afblaasmatrasse”, neus-in-die-lug-bure, ongeskikte kinders, iemand se rondloperhond en die snobistiese chalet-bewoners te leer ken, word die gort behoorlik gaar. Kom lag lekker saam en beleef al die tipiese kampeerkarakters wat altyd hul verskyning by enige kampeerterrein maak. ’n Topverkoper by Innibos in 2025.

Afrikaans • Geen o. 13 T • 70 min.

Venue

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal.  Location on Google Maps

Geagte kampeerders

01-APR-2026 09:30

R175 - R215

02-APR-2026 13:00

R175 - R215

03-APR-2026 16:30

R175 - R215