Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
DEBUUT
Komedie
MET Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete en Gantane Kusch TEKS EN REGIE Carla Smith STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz VERHOOGBESTUURDER Jean du Plessis PRODUKSIEBESTUURDER Cole Wessels VERVAARDIGER KKNK
Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorg, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: Van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van die mensdom wat hopeloos te swaar is vir sy nuwe skouers om te dra.
CRYBABY is ’n absurde tragikomedie wat handel oor die tol wat dit eis om te lewe in ’n geldgierige wêreld waar alles in duie stort. Dit is terselfdertyd ’n liefdesbrief aan ’n mens se kinderjare en ’n onuitwisbare herinnering aan die een waarheid wat elke volwassene weet: Grootword is nie kinderspeletjies nie. Teks ontwikkel vir die KKNK se tiende Teksmark in 2025.
’n Feesteforum-produksie. Moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met The Jobs Fund.
Afrikaans • Geen o. 13 T, OB • 70 min.