Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Stille vuur

Stille vuur

Stille vuur

from 02 Apr 2026 11:00

About

DEBUUT

Kontemporêre musiek

MET Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz en Deon Meyer MUSIEK Frieda van den Heever, Coenie de Villiers en Mauritz Lotz LIRIEKE EN TEKS Deon Meyer, Frieda van den Heever en Coenie de Villiers BELIGTINGSONTWERP EN INKLEDING Pieter-Jan Kapp VERVAARDIGER CDV Market Ideation

Die wêreld het – meer as ooit – vrede nodig. Elkeen van ons het ’n versugting daarna. Die enigste manier om vrede in ’n gebroke wêreld te bewerkstellig, is om dit met passie na te jaag: Om ’n stille vuur van skoonheid te skep. Vier legendariese kunstenaars steek deur middel van musiek, liriek en vertelkuns hierdie vredesvlam aan.
Frieda van den Heever en Coenie de Villiers skuif agter die klawers in met nuwe komposisies en bekende musiek in ’n ander gedaante. Kitaargenie Mauritz Lotz bring as volwaardige komponis en medeskepper sy orkestrale werk na die verhoog en – les bes – Suid-Afrika se bekroonde en geliefde skrywer Deon Meyer sluit as gasverteller op die verhoog aan met nuwe werk uit sy pen. Kom beleef hoe warm ’n stille vuur kán brand.

Afrikaans • Gesin • 70 min.

Venue

Absa Burgersentrum (Langenhovenweg)   Location on Google Maps

Stille vuur

02-APR-2026 11:00

R205 - R250

03-APR-2026 14:30

R205 - R250

04-APR-2026 18:00

R205 - R250