Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Stand-up
MET Aletta Francina de Kock TEKS Aletta Francina de Kock VERHOOGBESTUURDER EN VERVAARDIGER Jeandré Charl Hammond
Aletta Francina de Kock is nog altyd effens anders... Aletta se splinternuwe stand-up-komedie, Effens anders, bied ’n komiese en eerlike blik op haar huidige lewe – met al die snaakse, aweregse en downright bizarre dinge wat daarmee saamkom. Haar skerp humorsin en natuurlike aanvoeling vir storievertelling, tesame met haar unieke uitkyk op die wêreld, sal jou laat skater van die lag. Kom lag saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite in die land, want met Aletta is niks ooit heeltemal normaal nie, dis altyd effens anders!
Afrikaans • Geen o. 16 T • 65 min.