Please note this is the webtickets test environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Ek is nie Danie

Ek is nie Danie

Ek is nie Danie

from 29 Mar 2026 18:00

About

Drama

MET Albert Pretorius en Schalk Joubert TEKS Danie Marais REGIE Nico Scheepers MUSIEK Schalk Joubert KONSEP Niel van Deventer VERVAARDIGER Toyota Stellenbosch Woordfees

Albert Pretorius trek onder die opruiende begeleiding van Schalk Joubert die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe, skerf vir skerf, uit ’n mislukte huwelik in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte, prekêre gemors van middelklas-Suid-Afrika. Dis ’n storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak, gewikkel in die vlamjas van verse en verbysterende musiek, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels.
Dis rock-teater, onder regie van die veelsydige Nico Scheepers, oor ’n verlede wat die hede wurg en ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.” Wenner van vier Woordtrofees by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025, waaronder beste toneelstuk.

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie.

Afrikaans • Geen o. 10 T • 75 min.

Venue

Absa Burgersentrum (Langenhovenweg)   Location on Google Maps

Ek is nie Danie

29-MAR-2026 18:00

R180 - R230

30-MAR-2026 14:30

R180 - R230