Please note this is the webtickets test environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Komediedrama
MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE EN BELIGTINGSONTWERP De Klerk Oelofse PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts
Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer.
Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie. Frank Opperman is bekroon met die kykNET Fiësta-prys vir beste akteur vir sy spel in dié stuk.
’n Innibos-produksie, ondersteun deur NATi.
Afrikaans • Geen o. 10 T • 70 min.